Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koppestamp op Boland-stadion

Koppestamp op Boland-stadion
 
2008-09-04

Jaco van Wyk

SCHOOLZ UNITE bied môre (5 September) en op 12 September ’n opwindende o.19 rugbyuitklop- en plaatkompetisie vir hoërskole op Boland-stadion in Wellington aan.

Schoolz Unite is ’n organisasie wat poog om leerders bymekaar te bring om op kuns-, kultuur- en sportgebied te ontwikkel.

Met ’n wisseltrofee en R5 000 prysgeld op die spel, gaan die poppe môre behoorlik dans wanneer New Orleans vir Groendal op die B-veld pak om 15:00.

Dié wedstryd word gevolg deur Wolseley Sekondêr teen ’n uitnodigingspan van Ashton en Desmond Tutu om 16:15 (B-veld).

Om 17:00 meet Paulus Joubert en Waveren Sekondêr kragte op die A-veld, gevolg deur Schoonspruit teen Bergrivier om 18:15 (A-veld).

Met toegangsgelde van slegs R15 (R10 vir leerders) kan toeskouers hul lippe aflek vir pragtige hardlooprugby aangesien van die Boland se beste skolespelers hul talente ten toon gaan stel.

Belowende spelers soos die heelagter Garth April (Bergrivier, SA skole en Boland Cravenweek), die heelagter Clayton Blommetjies (New Orleans, SA Akademiespan en Boland Akademie), die buitesenter Adri Jacobs (Schoonspruit, SA Suid-span en Boland Cravenweek), die slot Jovan Willemse (Schoonspruit, Boland Cravenweek) en die skrumskakel Dashton Wellman (Schoonspruit, Boland Cravenweek) gaan die toeskouers trakteer met gehalterugby.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za