Groot lof vir Praisy
2008-09-04
’n BELOWENDE, jong wynmaker wat die Kaapse Wynmakersgilde se eerste vroulike protégé is, Praisy Dlamini, het haar opwindende, nuwe internskap by die alombekende Glen Carlou Vineyards buite die Paarl begin. Sy sal as assistent-wynmaker onder David Finlayson se wakende oog werk. Dit is die tweede fase van Praisy se twee jaar lange internskapprogram nadat sy eers onder leiding van Philip Costandius, voorsitter van die Gilde, by Lourensford Wynkelder in Somerset-Wes gewerk het. Praisy, afkomstig van KwaDlangezwa in die noordelike deel van KwaZulu-Natal, is die eerste vrou wat gekies is vir die Gilde Protégé-program. Sy het haar in Januarie vanjaar by die program aangesluit nadat sy haar graad in Wingerd- en Wynkunde aan Elsenburg Kollege voltooi het. “Ek is baie opgewonde oor my nuwe internskap en sien veral daarna uit om een van die land se voorste wynmakers as my mentor te hê,” het Praisy gesê.
Die Protégé-program word befonds deur die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling op Saterdag 27 September by Kiks. .
More
News
|