Werkwinkel spreek diens in wynbedryf aan
2005-07-14
'n WERKWINKEL getiteld ’Van die wingerd tot die wynglas’, word Donderdag 21 Julie by die Lanzerac Hotel in Jonkershoekweg, Stellenbosch aangebied.
Dit vind van 08:00 tot 17:00 in die konferensielokaal plaas.
Onderwerpe sluit in dienslewering in die proelokaal, bemarking van nuwe wynprodukte, wynbedryfverwante inligting, positiewe aspekte van 'n gesonde leefwyse, swart ekobnomiese bemagtiging in die wynbedryf, asook 'n interessante wynproe.
Onder die sprekers is rolspelers in die wyn- en kosbedryf, soos Nicolette Waterford (hoof uitvoerende beampte Stellenbosch Wynroete), Jean Engelbrecht (direkteur Engelbrecht Els Vineyards), Yvette van der Merwe (uitvoerende bestuurder SAWIS), Erieda du Toit (RSG se huiskok/glanskok), dr Dawie van Velden (kenner op die gebied van wyn en gesondheid) en Beverly Farmer (woordvoerder van Wine Charter Steering Committee).
Koste van R550 sluit middagete in.Enige surplusfondse gaan na die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD).
Vir navrae of besprekings, kontak Elma Brand by 863-0397 of faks 863-0079 of events@definitelydifferent.co.za.
More
News
|