Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim: Die beste in die land

Gim: Die beste in die land
 
2008-09-04

Jaco van Wyk

AAN al die spanne wat vanjaar die knie moes buig teen die eerste rugbyspan van Hoërskool Gimnasium: Moenie sleg voel nie, want Gim is vanjaar die nommer een skolerugbyspan in die land asook die WP-skole kampioen vir Suidelike provinsies.

Met Gim wat dié seisoen die een sege na die ander behaal het, het hulle ’n spoor van rekords en prestasies nagelaat.

Gim het dié seisoen nie in een van sy wedstryde tweede viool gespeel nie, met hul vyfde agtereenvolgende interskole-oorwinning wat moontlik hul grootste sege van dié seisoen was.

Gim het vanjaar 23 wedstryde gespeel, en almal gewen (die eerste onoorwonne Gim-span sedert 1997). In die proses het hulle 883 punte (123 drieë) aangeteken en slegs 229 afgestaan om ’n gemiddelde telling van 38- 10 te behaal.

In 2007 was Gim net een keer aan die verloorkant, teen Affies van Pretoria, wat beteken dat hulle die 2008 seisoen afgesluit het met 42 onoorwonne wedstryde.

Die Gimmies val ook nie maklik in sy agterplaas vas nie en het in Mei 2006 laas op sy tuisveld verloor. Dié span het dus in die laaste drie seisoene (2006, 2007 en 2008) net drie keer verloor en een keer gelykop gespeel.

Hulle het vanjaar nege o.18 Cravenweek-spelers en een WP Akademiespeler opgelewer waarvan twee, Helmut Lehman en Ruan Smith, in die SA skolespan opgeneem is.

Die skool het by sy onlangse rugbydinee sy spelers vereer. Gim se eerstespankaptein, Louis Schreuder, is aangewys as rugbyspeler van die jaar, met Louis Jordaan (senter) en Helmut Lehman (agtsteman) wat onderskeidelik die toekennings vir mees waardevolle agterspeler en mees waardevolle voorspeler ontvang het.

RJ Kellerman is aangewys as die speler wat die meeste vordering gemaak het en JH Potgieter het ’n toekenning ontvang vir die speler wat die meeste punte aangeteken het.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za