Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesoek: Jong boer van die Jaar

Gesoek: Jong boer van die Jaar
 
2005-07-14


DAAR word weer gesoek na die Nasionale Jong Boer van die Jaar. Dit is ’n landwye kompetisie waarmee erkenning gegee word aan die belangrike en uitstekende werk wat die jong boere doen in die belang van Suid-Afrika as geheel.

Die kompetisie, wat die volle steun en goedkeuring van Agri SA wegdra, is ’n opwindende inisiatief van Toyota SuidZAfrika, die land se voorste voertuigvervaardiger, en word vanjaar vir die tweede keer gehou.

Verlede jaar was daar ’n oorweldigende reaksie, en meer as 500 boere van oor die hele land het hulle ingeskryf. Die wenner was Paul ·
Grey van Ermelo.

Die groot prys in vanjaar se kompetisie is ’n nuwe enkelkajuit-Toyota Hilux 3.0 DZ4D Raised Body Raider met ’n waarde van meer as ·
R216 000.

Alle jong boere (35 jaar of jonger op 31 Mei), wat vir ten minste ’n jaar lank ’n volopbetaalde lid van ’n provinsiale landbou-unie was,
kan hulle vir die kompetisie inskryf. Jong boere wat belang stel, kan hulle inskryf op die webtuiste www.toyoata.co.za/youngfarmers of by
hul plaaslike provinsiale Agri SA-affiliasie.

Die sluitingdatum verskil van provinsie tot provinsie afhangende van hul kalender, en voornemende deelnemers moet Agri Wes-Kaap
skakel in hierdie verband.

Die name van die nege finaliste vir die 2005 Toyota Jong Boer van die Jaar-kompetisie word begin September aangekondig.

Na die aankondiging van die name van die finaliste sal die nasionale beoordelaars, onder voorsitterskap van prof Carlu van der Westhuizen, die finaliste onderneem en hul plase besoek om die ·
nasionale wenner aan te wys. Sy naam word in Oktober bekend gemaak.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za