Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grootste expo vir landbou open

Grootste expo vir landbou open
 
2005-07-14


VANJAAR se Wine Farmers & Fruit Growers Expo Z die grootste tegniese skou van sy aard in Suid-Afrika - word van Dinsdag tot Donderdag in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou.

Die expo word al om die ander jaar aangebied en betrek al die nuutste oorsese en plaaslike patente en dienste op wingerd-, wyn- en vrugtegebied.

Expo-direkteur Sue Smith sę sy was verras met die groot aantal uitstallers en die feit dat al die ruimte so lank voor die tyd uitverkoop ·
was.

Altesame 183 fabrikante en diensverskaffers neem vanjaar deel. Dit is 33 meer as in 2003 en sluit 'n hele aantal oorsese firmas in wat nader met plaaslike produsente wil kennis maak.

"Dit kan toegeskryf word aan die feit dat die Wes-Kaap meer as die helfte van die land se landbou-uitvoere produseer en die wyn- en vrugtesektore die grootste bydraers hiertoe is.

"Produsente besef ook al geruime tyd hoe noodsaaklik gehalte in versadigde węreldmarkte is en die expo bied hulle die geleentheid
om hul implemente, verpakkings- en kelder-toerusting teen kompeterende pryse op peil te bring, veral omdat die sterk rand invoere van sulke toerusting relatief goedkoop maak in 'n baie moeilike tyd vir ons produsente.

Vanjaar se expo bied insig in die jongste, mees opwindende en mees doeltreffende ontwikkelinge in onder meer wingerd-, kelder- en boordtoerusting, besproeiing, bottelering en verpakking, verskeping, sekuriteit, finansiering, vervoer en inligtingstegnologie.

Op die tweede dag, 27 Julie, hou die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wingerd- en Wynbou sy winterskool op die dieselfde perseel en sal
die kundiges wat dit bywoon ook die expo kan besigtig.

Toegang vir bedryfsmense is gratis.

Vooraf-registrasie kan vanaf 1 Junie deur middel van die webwerf www.winefarmersZexpo.co.za gedoen word.

Vir nader inligting kan die organiseerders by tel. 021 448-7330 of per e-pos by wffg@isales.co.za geskakel word.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za