ONS wil graag skole en instansies in die Paarlvallei waarsku teen’n verskaffer van aanplak-tatoes.
Ons laerskool in die Paarl het op 5 Junie ’n bestelling van 1000 tatoes geplaas by Temp Tattoos, ’n firma in Kaapstad wat tydelike tatoes vervaardig. ’n Bedrag van R2 870 is oorbetaal soos vereis.
Mnr Johan Maree (die eienaar van Temp Tattoos) het tot vandag nog nie die plakkers afgelewer nie en ons funksie is reeds verby.