Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tog lekker in NZ

Tog lekker in NZ
 
2008-09-11


EK wil graag reageer op die “Ou Paarliet” se brief “Pasop vir Nieu-Seeland”.

Eerstens wil ek vir daardie persoon sê dat ek nou 22 jaar oud is en my eie besigheid hier in Nieu-See­land besit wat baie, baie suksesvol is. Ek het ook familie en vriende hier, ook uit die Paarl, wat baie, baie gelukkig is.

Mense wat hier aankom met die houding dat alles dadelik maanskyn en rose gaan wees, is gewoonlik die mense wat sak-en-pak weer terugkeer Suid-Afr­i­ka toe.

As Nieu-Seeland dan regtig so sleg is, hoekom is hier so baie immigrante?

Ek sal eerder sê dat ons baie, baie bevoorreg is om in hierdie land te bly. Ons het Suid-Afrikaanse kerke, winkels, tydskrifte en baie meer.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek mis my land en familie, maar hier kan ek nog rustig slaap in die nag sonder ’n ysterhok om my huis.

As jy ’n slegte ondervinding hier in Nieu-Seeland gehad het, hou jou opinie vir jouself.

Dat ek nou sulke strooi in my gunsteling-koerant moet lees. SH, Manukau, Auckland Nieu-Seeland




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za