Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jy bepaal jou eie lot, waar ook al jy mag wees

Jy bepaal jou eie lot, waar ook al jy mag wees
 
2008-09-11


DIT laat ’n mens dink: daar is tans duisende gelukkige Suid­Afrikaners in Nieu-Seeland, maar die paar mense wat altyd kla laat dit so erg negatief klink.

Ons is nou al amper twee jaar in Nieu-Seeland en was nog nie een dag spyt nie.

Daar was ook swaar tye aan die begin, maar met goeie beplanning en deursettingsvermoë het ons dit laat werk.

Ons het met niks begin nie en besit tans luukse meubels, ’n motor, 4x4, en handhaaf ’n leefwyse wat nie vir ons in Suid-Afrika moontlik was nie.

Snaaks genoeg, ons doen dieselfde werk hier as wat ons in Suid-Afrika gedoen het, maar word beter daarvoor vergoed.

Partykeer moet jy jou trots in jou sak steek en onder begin. As jy hier hard werk, word jy wel raakgesien en kan so jouself vinnig opwerk.

So ken ek ’n persoon wat bereid was om rakke te pak en vullis te verwyder by ‘n supermark vir minimum loon om vir sy familie te voorsien. Vandag is hy skat­ryk.

Daar is wel ook misdaad hier, maar jy hoef nie daagliks in vrees te lewe nie.

Ons polisiemanne dra nie eens vuurwapens by hulle nie en spandeer die meeste van hulle tyd om spoedkaartjies te skryf.

Bewaarders kan nie juis kla nie, want hulle werksomstandighede is beter en hulle salarispakket is mededingend met die privaat sektor.

Soos met enige groot besluit wat jy maak in die lewe, moet ’n mens maar altyd jou beplanning deeglik doen.

As jy nie 100% “gegear” is nie, moenie eers moeite doen om hierheen te kom nie.

As jy wel besluit om te kom, los maar jou Suid­-Afrikaanse “ek is beter as jy” houding by die huis, want die Kiwi’s kyk deur dit.

Suid-Afrikaanse Kiwi




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za