Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die soektog na Veritas uitnemendheid begin

Die soektog na Veritas uitnemendheid begin
 
2005-07-14


WYNMAKERS wat droom oor Veritas glorie het tot Woensdag 17 Augustus om hul beste wyne vir die 2005 Veritas Toekennings in te skryf.

Die Veritas Toekennings - wat sedert 1992 deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANW) aangebied word is die land se grootste kompetisie vir markklaar wyn.

Die uitslae van 'n onlangse nasionale meningspeiling - waarin verbruikers Veritas as die mees gesaghebbende wynkompetisie in Suid-Afrika ag - dui weer eens daarop dat hierdie toonaangewende toekennings in 'n ander liga is.

Die kenmerkende Veritas embleem van uitnemendheid - wat ná afloop van die kompetisie op bekroonde wyne sal pronk Z dien
as die€ gehalteriglyn vir kieskeurige wynliefhebbers in hul soeke na uitnemendheid.

Wêreldbekende wynkundiges -plaaslik en internasionaal - sal van 5 tot 8 September op Nederburg saamkom om die voorland van vanjaar se ingeskrewe wyne te bepaal.

Die gesogte dubbelgoud- en goud-toekennings sal op Saterdag 1 Oktober by 'n galadinee in Kaapstad se Internasionale Konferensie Sentrum aan vanjaar se top-presteerders toegeken word.

Kontak Elsabé Ferreira by SANW, tel (021) 807 3104, faks (021) 863 2079, per eZpos ferreira@vinpro.co.za of besoek die Veritas webtuiste by www.veritas.co.za vir inskrywingsvorms en/of meer besonderhede.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za