Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe straatblomme

Nuwe straatblomme
 
2008-09-11


ONS onthou nog die tyd toe plastieksakke bekend was as ons nasionale blom, maar gelukkig het daar toe regulasies gekom wat die situasie gered het.

In die Paarl het ons ook ons eie blomspesie wat oral in die dorp voorkom. Ek verwys na eiendomsagentskapborde.

Op feitlik elke straathoek kry ons hulle, tot vier of vyf op een hoek. Kyk gerus hoeveel borde op sommige straathoeke verskyn.

Hierdie tekens se pale word meestal in die sypaadjies ingekap deur die teerlaag en beskadig dus ’n munisipale eiendom.

Op die hoek van Hospitaal- en Fabriekstraat is ’n eiendom met vyftien agentskapborde.

Daar is duidelike munisipale regulasies rakende eien- doms­advertensie­borde­, maar soos in baie ander gevalle word die reëls onreëlmatig toegepas, en net deur sekere agentskappe gehoorsaam.

Botanis




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za