OUD-PAARLIET, ek voel vir jou wat so op ’n slegte manier jou hardverdiende loon van 16 jaar verloor het.
Maar jy weet ’n mens besluit nie net een oggend jy gaan oorsee nie. Dit vat beplanning en navorsing. Jy het dalk nie jou huiswerk gedoen nie.
Jy’s reg, ons sal miskien nie (finansieel) ryk word in NZ nie, maar hier is hope geleenthede vir ons en ons kinders.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, ons verlang baie terug huis toe. SA bly die beste, maar hier in Auckland is daar niks van affirmative action nie.
As jy ondervinding het en gekwalifiseerd is, verseker ek jou jy sal daardie werk kry. Hier is gelyke regte vir almal.
Dis ’n plesier om ons kinders sorgvry te sien speel in ’n veilige omgewing. Hulle speelgoed oornag buite vir dae en niemand steel hier wasgoed van die lyn af nie.
Ons betaal vir naskool-sorg, maar die Universiteit van Invercargill is gratis om by te studeer.
Khoisan van NZ