Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


KWV versigtig

KWV versigtig
 
2005-07-14


KORT op die hakke van ’n aankondiging dat die KWV 20% van sy personeel gaan besnoei met ingang 1 Augustus, het KWV Beperk nou ’n omsigtigheidsverklaring uitgereik wat sy aandele betref.

Daar word bespiegel dat die maatskappy betrokke is by samesprekings met ’n moontlike koper. Indien die onderhandelings suksesvol is, kan dit die aandeelprys beinvloed.

Die aandeelprys het die afgelope maand met ongeveer 20% gestyg nadat gerugte die ronde begin doen het dat ’n buitelandse koper belang stel om die maatskappy te koop.

Dit het gevolg op grootskeepse opgradering van die keldergebou teen ’n koste van miljoene rande, asook die aanbod van uittreepakkette aan personeellede.

Die maatskappy is in die proses om sowat 100 van sy 565 personeellede se aansoeke om pakkette aanvaar met die oog op rasionalisering en herstrukturering .

Dit word ‘‘gedryf deur die feit dat kompeterendheid, winsgewendheid en effektiwiteit verbeter moet word.’’ KWV se probleme word gewyt aan die versterking van die rand, wat ’n negatiewe uitwerking op hul
uitvoer het.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za