Vrywilligers kan polisie help
2008-09-11
DIE polisie op Klapmuts doen ’n beroep op die publiek om aansoek te doen om as vrywillige werkers by hul traumakamer te help. Betroubare persone, verkieslik vroue wat goed kan kommunikeer en tweetalig is, word genooi om aansoek te doen. Opleiding word aangebied. Diegene wat aan hierdie vereistes voldoen, kan vir konst Naiemah Vaughan (koördineerder) skakel by 021-875-5555.
More
News
|