Etiketering van diabetes-medisyne
2008-09-11
DIE Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep hou ’n vergadering Woensdag 17 September om 19:00 in die Holy Trinitysaal in Hoofstraat, Paarl. Die onderwerp is nuwe etiketering van medisynes. Bring enige diabeet of belangstellende saam om hierdie vergadering by te woon. Nuwe diabete is welkom om aan te sluit. Die volgende vergadering vind plaas Woensdag 15 Oktober en die onderwerp is mediese fondse. Skakel Kamaretha Beckert by 021-8711808 of Gerrit Malan by 021-971-1389.
More
News
|