Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrae oor vuurwapens

Vrae oor vuurwapens
 
2008-09-11


DIE afegelope jaar is 315 vuurwapens reeds by die Paarl polisiestasie ingehandig vir vernietiging.

Indien die publiek nie wil heraansoek doen vir hul vuurwapens volgens die nuwe wapenwet nie, kan hulle by plaaslike polisiestasies ingedien word vir vernietiging.

Maar ’n herrie woel tans weereens oor hierdie kontroversiële wetgewing.

Nie net wag applikante vir jare vir hul lisensies nie, maar die staat wil nie vuurwapeneienaars vergoed vir wapens wat hulle aan die staat oorhandig nie.

Volgens bepalings van die Vuurwapenbeheerwet wat sedert 1 Julie 2004 van krag is, mag diegene wat vuurwapens indien, vergoed word, maar tot dusver weier die staat om enige uitbetalings te doen.

Tans is die Geregtigheidsalliansie gewikkel in ’n stryd in die Hooggeregshof teen die minister van veiligheid en sekuriteit, die nasionale kommissaris van polisie en die appèlraad van vuurwapens, om hul optrede van nie-betaling onwettig te verklaar.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za