Wat maak jy met onverwerkte seer
2008-09-11
DIE angs- en depressie-ondersteuningsgroep vergader Maandag15 September om 19:00 in die lesinglokaal van die Sereno Clinic. Die onderwerp vir bespreking is “Wat maak jy met die onverwerkte seer binne jou wat veroorsaak dat jy mense na aan jou ook bewustelik seermaak”. Die groep bied ondersteuning aan mense van alle ouderdomsgroepe wat depressie en angs ervaar, mense in hul herstelfase en gesinslede wat ondersteuning bied. Bywoning is gratis en almal is welkom. Die ondersteuningsgroep word gefasiliteer deur Christo Visser en Mientie Kroukamp. Vir meer besonderhede, skakel die fasiliteerders by 021-872-7466.
More
News
|