Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrywilligers pamperlang pasiënte

Vrywilligers pamperlang pasiënte
 
2008-09-11


VRYWILLIGERS, ook bekend as die “Pamper Team”, versorg en pamperlang daagliks pasiënte by die Paarl Hospitaal.

Hierdie vroue van die Paarl en Wellington kom op eie onkoste na die Paarl Hospitaal om pasiënte se voete, hande, naels en hare te versorg.

Die groep van 18 dames word opgedeel in groepe van vier tot nege om daagliks die pasiënte te versorg.

Volgens Zelda Fortuin, wat met die idee van die “Pamper Team” vorendag gekom het, het die verpleegpersoneel nie altyd tyd om pasiënte te versorg en te pamperlang nie.

“Die vrywilligers verlig die take van die verpleegpersoneel om die pasiënte so mooi te versorg. Die pasiënte het dit so nodig en waardeer dit vreeslike baie, want dit doen hul gemoedstoestand baie goed.

’n Mens se gemoedstoestand kan wondere verrig aan jou liggaamlike toestand as jy liefde en versorging met soveel passie en deernis ontvang,” sê Fortuin.

Sy sê die pamperlang en versorging is veral vir pasiënte wat moet teater toe gaan vir operasies baie goed.

“Die vooruitsig van ’n operasie kan ’n mens nogal mismoedig maak. Maar as iemand jou goed versorg voor daardie operasie doen dit jou goed,” sê Fortuin.

Sy sê dat baie van die pasiënte uit die laagste inkomstegroep kom en nie dié tipe versorging ken nie.

“Die pasiënte kan nie ophou om die “Pamper Team” te prys nie.

“Een pasiënt het gesê: “Iemand het my voete gewas. Ek kan dit nie glo nie.”

“Nog ’n pasiënt noem die vrywilligers die engeltjies van die hospitaal.

“Ons kry net goeie terugvoering van die pasiënte af,” sê Fortuin.

Sy sê dat hulle graag die dienste wil uitbrei en doen ’n beroep op oudonderwysers om deel te word van die span om die kleintjies in die kindersaal besig te hou.

Enige persone in die gemeenskap wat belang stel om deel te wees van die span vrywilligers, kan Zelda Fortuin skakel by 021­872-1711.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za