Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Streekspan vertoon goed

Streekspan vertoon goed
 
2005-07-14


ONDANKS gebrekkige kommunikasie en samewerking, kon die Paarl Woensdagaand ’n span in die veld stoot wat sy man gestaan het teen die Superliga A-span van Durbanville/Bellville.

Die wedstryd is oorspronklik geskeduleer as een van vele oefenwedstryde om Superliga A-spanne te help momentum behou ·
tydens hul af-tydperk.

Volgens Ganief Dalvie, bestuurder van die Paarlse span, het die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (Saru) egter besluit om vanjaar se Disa-toernooi, wat gewoonlik in September plaasvind, na Augustus te vera·
vroeg.

‘‘WP het dus besluit om Woensdagaand se wedstryd as proewe vir die WP Disa-span te gebruik,’’ sê Dalvie.

‘‘Dit het alles op baie kort kennisgewing geskied. Van die klubs het
nie spelers vir die wedstryd genomineer nie, omdat hulle bang was vir beserings.’’

‘‘Spelers van dié klubs het dus nie ’n kans gehad om hulself vir die keurders te bewys nie,’’ verduidelik Dalvie.

Hy het egter bygevoeg dat hy die WP gaan vra om sekere van dié pelers na die ander proewe te nooi.

Die Paarlse span het geensins geoefen nie.

‘‘Die spelers was baie negatief ingestel tenoor die wedstryd en baie van die spelers het nie vir die oefeninge opgedaag nie.

‘‘Ons moes dus inderhaas ander spelers, vra om te speel.’’

Die Paarliete se 22-21 sege oor Durbanville/Bellville was egter grootliks te danke aan die feit dat die Albions en Vineyards rugbyklubs albei ses spelers in die span gehad het.

''Die feit dat twee klubs die kern van die span uitgemaak het, het beteken dat die spelers mekaar se spel darem redelik goed geken het.

‘‘Dan was die flair van ons agterlyn te oed vir die besoekers,’’ sê Dalvie.

Alvin Hugo (vleuel) van Albions en Tino Prins (losskakel) van Young Gardens het elkeen twee drieë gedruk.

Hugo wat reeds in die WP se Amateurspan opgeneem is, kan ook vir die Disa-span uitdraf, sou die WP hom nie vir hoeëre diens nodig kry nie.

Die skrumskakel, Dominic Daniels, ook van Albions, het met ’n
doelskop geslaag.

Die ligter pak van die Paarliete het voorlangs ietwat gesukkel. Die tuisspan se agterlyn het egter goed aangeval met die balbesit wat hulle gekry het.

Iets wat in die tweede helfte nog beter gewerk het, toe Anwar Dalvie vir Daniels vervang het. Dalvie wat meer gesout is in die skoonmaak
van die bal onder druk, het ook ’n goeie wedstryd gehad, terwyl die
flanke Abbas Hendricks en Morné ·

Goetham ook goud werd was in die vaste los en lynstane.

* Die WP Disa-span sal van 7 tot 13 Augustus aan die Sub-Uniale Toernooi op Saldanha deelneem wat deur die Boland Rugbyunie aangebied word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za