Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl klop Albions in naelbyter

Paarl klop Albions in naelbyter
 
2005-07-14


SY oorheersing van die vaste fasette was Saterdag die kern agter die Paarl Rugbyklub se 31-26 sege oor Albions op Daljosafat.

Paarl was onstuitbaar in beide die skrums en lynstane. Daarby was die goeie samespel van die losvoorspelers, veral Stefan Grobbelaar (agsteman) en Morné Kershoff , die kersie op die koek.

Hul spel is goed aangevul deur die harde werk van Lambert Myburgh wat dan ook welverdiend as speler van die wedstryd aangewys is.

Die Albions-flank, Strafferd Geldenhuys, het ook ’n barshou
gespeel.

Die Paarl se agterlyn het die kwaliteit balbesit goed toe hul voordeel gebruik, met losskakel Chutney van der Merwe wat weer ’n goeie wedstryd gespeel het.

Die enigste swakplek in sy mondering was sy swak stelskopwerk skopwerk pale toe. As Van der Merwe beter as sy drie uit agt strafskoppe behaal het, sou Paarl met groter gemak gewen het.

Die agterlyn het drie van die Paarl se vyf drieë aangeteken, met die beste drie van die dag wat deur Llewellyn Davids gedruk is.

Nadat Van der Merwe vir Grobbelaar in die gaping gesit het, gee hy uit aan Davids. Davids neem Albions se heelagter uit die spel, met ’n tikskoppie oor die kop, flous die kruisverdediging en val op die bal om sy drie te verseker.

Albions het egter weer eens gewys dat hy sekerlik een van dié gevaarlikste agterlyne in die WP het.

Hier het Alvin Hugo (regtervleuel) weer uitgeblink en hy is met drie drieë beloon.

Die harde wedstryd het voortdurend wipplank gery en was tot op die laaste in die weegskaal.

Paarl het vir eers 12-0 voorgeloop waarna Albions gelyk trek. ’n Verdoelde drie laat Paarl weer 19-12 die voorsprong neem, maar Albions maak sake weer gelyk.

Paarl verseker die oorwinning met ’n drie, maar moes daarna verwoed verdedig en die eindfluitjie blaas met spel op Paarl se doellyn.

Jenovan Cornelissen het Albions se ander drie gedruk en Dominic Daniels het met drie doelskoppe geslaag.

As Paarl vir Young Peoples Rugbyklub dié Saterdag op Faurestraat ·
Stadion ook wil klop, sal daar indringend na hul verdediging gekyk ·
moet word aangesien te veel eerste duikslae nie die merk gevind het ·
nie.

Albions II het 31-17 gewen terwyl Paarl III 32-19 gewen het.

Albions speel Saterdag weg teen Silvertree.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za