Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong musiektalent gaan bekoor

Jong musiektalent gaan bekoor
 
2008-09-11


DIE room van Suid-Afrika se ontluikende musiektalent sal weer van 22 tot 26 September die gehore bekoor wanneer hulle by die Musieksentrum Hugo Lambrechts in Parow saamtrek vir die 20ste Sanlam Nasionale Musiekkompetisie.

Benewens ’n kontingent van 22 talentvolle leerders uit die Wes­Kaap, is nog 42 deelnemers by oudisies in ander dele van die land vir deelname gekeur.

Plaaslike leerders onder die 22 van die Wes-Kaap is Jeffrey Armstrong (Courtrai Laerskool, viool), Malan Bartleman (Noord-Eind, klavier) en Danielle Salies (New Orleans, viool) is deel van die 22 talentvolle leerders uit die Wes- ­Kaap.

Medaljes en pryse ter waarde van meer as R40 000 is vir die wenners en hul onderwysers op die spel.

Die leerders ding oor vier rondes in vier afdelings mee, naamlik klavier, strykers, hout- en koperblaas-instrumente en ander instrumente (slagwerk, blokfluit, klassieke kitaar en harp).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za