GOLF
The Bridge House Golf Day takes place today at Paarl Golf Club (Boschenmeer). Contact 082 4489311.
RUGBY
* ’n algemene maandvergadering van die Paarl Rugbykode vind op 17 September (19:00) in die Gemeenskapsaal plaas. Die vergadering dien as ’n voorafgaande vergadering tot die algemene jaarvergadering op 22 Oktober. Paarl Rugbykode se grondwet sal bespreek word. Die Kodevergadering word voorafgegaan deur ’n Junior Streekvergadering (18:00). Kontak 082-731-4879.
* Alle oud-spelers en ondersteuners bo 40-jaar van Young Standards RFC word versoek om met hul klubafrigters in verbinding te tree vir die kies van ’n bo 40-jaar span vir Young Gardens se 60ste bestaansjaar. Finalisering van die span word na afloop van ’n uitklopfinaal afgehandel. Die feeswedstryd word op 20 September te Gardens Park gespeel en sluit junior wedstryde in.
* Riverstones en Violets hou Sondag ’n feeskerkdiens by die AME Kerk in Bou- gaardstraat (15:00).
Riverstones se ou kroks, veterane en vrouespanne oefen Dinsdae en Donderdae op Daljosafat. Riverstones se juniors hou Saterdag ’n dans by Jeff’s Pub (R15).
Saterdag word Miss Violets aangewys by Charlies (R15). Violets I speel Saterdag teen Laer Paarl I (16:00), Violets II speel teen Riverstones II en Violets III pak Gardens III.
* Young Peoples speel sy laaste ligawedstryd Saterdag op Pniel teen Pniel Villagers. Bus vertrek 11:00 uit Groenheuwel. (R20).
KRIEKET
* Paarl Krieketklub oefeninge Dinsdae en Donderdae te Bolandpark om 19:00. Oefeninge vind plaas met die oog op die nuwe seisoen en die toer na die Oos-Kaap (einde September). Toergelde is R500 pp.
* GMT Paarl-Oos hou op 24 September ’n six-a-side toernooi te Allandale Korrektiewe dienste. Alle spanne (sportspanne, sosiale spanne, ens.) is welkom. Talle pryse is op die spel. Kontak 073-297-1822.
Paarl-Oos se ledevergadering vind op 17 September (18:00) in New Orleans se klubhuis plaas.