Volmaanpiekniek op Paarlberg
2008-09-11
KOM beskou die volmaan van nader vanaf die Taalmonument op Paarlberg Saterdagaand van 17:00 tot 22:00. Al die ligte by die monument word vir die aand afgeskakel. Toegang is R10, (R5 studente en R2 kinders). Geen honde en vure word toegelaat nie. Onthou om ’n flits saam te bring. In die geval van slegte weer sal geen volmaanpiekniek plaasvind nie. Bespreek by 021-872-3441. Bring jou eie piekniekmandjie of bespreek ’n mandjie vooraf by Uit die Bloute, die nuwe restaurant by die Taalmonument by 021-863-2800.
More
News
|