Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vatproe op wynlandgoed

Vatproe op wynlandgoed
 
2008-09-11


SONDAG sal wynliefhebbers weereens die kans kry om van die beste wyne in Suid-Afrika reguit uit die vat te proe.

Tydens hierdie, die derde jaarlikse “Pearl’s Gate” Vatproe gehou te Nelson Wynlandgoed in die Paarl, sal wynliefhebbers hulleself kan besig hou met fantastiese jongwyne vanaf plase soos Berneim, Under Oaks, Crow’s Nest, Ridgeback, Rhebokskloof, Rose Garden en natuurlik die gasheer, Nelson Wynlandgoed.

“Pearls’ Gate”, as ’n mini-streek, is dié juweel in die kroon van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Dit beslaan ’n oppervlak van 10km by 6km en is die enigste mini-streek ter węreld wat op twee agtereenvolgende internasionale kompetisies die druiwe opgelewer het vir die Shiraz- en Cabernet Sauvignon wyne wat as die beste in hul kategorieë węreldwyd aangewys is.

Die kwaliteit van die wyne by hierdie jaar se proe is ook bevestig by die 2008 Suid­-­­Afri­kaanse Jongwyn Skou toe Lisha Nelson, die nuwe wynmaker by die Nelson Wynlandgoed, onder andere die toekenning gekry het vir die “Kampioen Ander Rooi Kultivar” en “Kampioen Cabernet Frank” in Suid-Afrika vir haar 2008 Cabernet Frank. Hierdie wyn sal ook geproe word hierdie naweek.

Benewens die wyn, sal besoekers ook kan deelneem aan die Bergfietsfees wat die naweek by die wynlandgoed plaasvind.

Vir meer besonderhede, skakel Jack Kukard by 021-869-8453 of besoek www.nelsonscreek.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za