Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel Villagers klop Goodwood

Pniel Villagers klop Goodwood
 
2008-09-11


IN ’n baie aanskoulike wedstryd het Pniel Villagers daarin geslaag om Goodwood op hulle tuisveld met 32-14 te troef.

Vyf drieë is deur die besoekers gedruk, wat beteken dat Villagers ’n waardevolle bonuspunt verdien het en sodoende opgeskuif het na die derde posisie op die punteleer.

Villagers speel deesdae puik, aanvallende rugby en in hul laaste twee wegwedstryde het hulle altesaam veertien drieë gedruk.

Vir die Pnielspan was Stefanus Cedras die groot planmaker op losskakel.

Hy het die wedstryd pragtig beheer met slim taktiese skoppe en goeie breekslae.

Hy het ook sy agterlyn goed weggestuur en was ’n yster op die verdediging. Dit was dus geen verrassing toe hy as speler van die wedstryd aangewys is nie.

Ander manne wat hulself goed van hul taak gekwyt het, was die lostrio, Garland Alberts, Claude Voss en Jameel Ladouce. Dié drietal het uitgeblink op die aanval, asook op die verdediging. Donnie Fredericks (haker) het ook dikwels die oog gevang.

Die lynstane is ook deur Pniel oorheers waar die slotte, Carlo Carolissen en Warren Williams, goeie besit vir hul span verseker het.

Die Pniel-manne kan waarlik tevrede voel met hul vertoning.

Pniel se driedrukkers was Gavin Petersen, Stafanus Cedras, Jameel Ladouce, Donnie Fredericks en Ronaldo Fredericks.

Ellroy Arendse het met twee doelskoppe en een strafdoel geslaag.

Pniel Villagers speel Saterdag hul laaste wedstryd tuis, teen Young Peoples.

Dié kragmeting beloof om ’n reuse- stryd te wees.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za