Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest United bereik top agt

Hillcrest United bereik top agt
 
2008-09-11


HILLCREST UNITED het Saterdag vir Atlantics van Hermanus oortuigend geklop met 38-20 en beklee sodoende ’n derde plek op die Liga se punteleer.

Hillcrest het met dié sege vir die uitklopfase gekwalifiseer.

Die manne van Wellington was gans te goed voorbereid vir Atlantics en het hul teenstanders in alle fasette oorheers.

Die voorspelers was baie fisiek en het hul giftige agterlyn altyd op die voorvoet geplaas.

Voorlangs het die haker Hansie van Wyk, Weezo Zeeland en Rishaan Jacobs veral die oog gevang met hul vurige inklimspel.

Agterlangs het die manne behoorlik gekook en gewys dat hulle ernstig is om met die groot kanonne van die Premierliga mee te ding.

Gerswin Heugh (heelagter) was weereens op sy gevaarlikste en het telkemale die verdediging oopgevlek terwyl Shelton Benn en Andre Andrews, soos goeie wyn, net beter raak. Hulle speel tans die beste rugby van hul loopbane.

Conroy Gertse het ook weereens sy waarde bewys met ’n persoonlike bydrae van 18 punte.

Hillcrest se drieë is gedruk deur Shelton Benn, Andre Andrews, Jerome Coetzee (een drie per wedstryd) en Gerswin Heugh.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za