Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Streekspanne slyp tande vir uitklop-finale

Streekspanne slyp tande vir uitklop-finale
 
2008-09-11


DIE Paarl Rugbystreek se uitklop-fi- nale vind Saterdag plaas, met Young Standards en Young Gardens wat sake in die hoofwedstryd (bekerfinaal) gaan uitspook.

Na dié twee spanne Saterdag reeds koppe gestamp het, met Standards wat 40-5 geseëvier het, is laasgenoemde die gunsteling om die titel te verower.

Young Gardens sal egter wil vergoed vir die nederlaag en behoort met ’n groot aanslag vorendag te kom.

Die plaatfinaal is reeds afgehandel met Riverstones wat as wenner gekroon is.

In die Bowl-finaal pak Violets vir Laer Paarl.

In die bekerfinaal van die tweede spanne kom die tweedespan-liga- wenners, Gardens II, te staan teen Laer Paarl II, terwyl Riverstones II en Violets II in die Plaat-finaal kragte meet. Windmeul II pak Young Standards II in die Bowl-finaal.

In die derdespan-bekerfinaal kom Young Standards III teen Riverstones III te staan. Dié wedstryd sal heelwat belangstelling lok aangesien Riverstones die laaste streekliga-kragmeting gewen het. Die derdespan-ligawenners, Windmeul United III, pak Laer Paarl III in die plaatfinaal terwyl Violets III vir Young Gardens III in die Bowl-finaal ontmoet. Die Juniorstreek semi-finale begin om 10:00 waarna die finale sal plaasvind.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za