Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards eindig op hoë noot

Standards eindig op hoë noot
 
2008-09-11


YOUNG STANDARDS het Saterdag die liga van die Paarlstreek goed afgesluit deur Young Gardens van die veld af te vee met ’n telling van 40-5.

Ná afloop van die wedstryd het Standards se afrigter, Marius van Zitters, gesê hy is besonders trots op sy spelers, “nie net oor dié wedstryd nie, maar ook oor die span se hele liga-veldtog, aangesien ons net sewe punte agter die liga-wenners (Windmeul United) geëindig het.”

Standards het hul doelwit duidelik gestel deur die bal van meet af lug te gee, en sodoende ses skitterdrieë in te palm.

Standards se voorhoede moes egter eers die donkiewerk verrig om Gardens se swaarder pak voorspelers in toom te hou. Hier het Ashwell Williams, Hanley Goliath en Keenen Abrahams uitgeblink.

Aan die kante van die skrum was Ferris Adams en Marshal Brown ysters met hul goeie verdediging en spoed by die afbreekpunte.

Agterlangs was Teslin Krautz ’n doring met goeie verdediging en kragtige breekslae.

Die ster van die dag was ongetwyfeld die heelagter Gaveron Sherman, wat gewys het dat daar geen teenvoeter vir spoed is nie.

Hy het telkemale van agter die bal vir meters gedra sonder dat daar ’n hand op hom gelê is, en sodoende talle geleenthede geskep vir sy mede-spelers om af te rond.

Standards se drieë is gedruk deur Gaveron Sherman (2), Hanley Goliath, Hennie Johnson, Teslin Krautz en Emelio Brown.

Enrico Davey het geslaag met vyf doelskoppe.

Standards speel Saterdag in die uitklopfinaal teen Gardens op Daljosafat-stadion.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za