Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaswerker van die Jaar aangewys

Plaaswerker van die Jaar aangewys
 
2008-09-18

Devidean Moses

’n JUNIOR bestuurderes op die plaas Olyvenbosch, Sharon Swartz (39), is Donderdagaand tydens ’n spoggeleentheid by Nelson landgoed aangewys as Plaaswerker van die Jaar in die Bergrivierstreek.

Sharon, wat die kategorie vir Junior Bestuur gewen het, het die gesogte Plaaswerker van Jaar-toeken- ning vir die streek voor meer as 70 inskrywings weggeraap.

Hierdie moeder van drie is nie net as die beste uitblinker bekroon nie, maar haar man, Willie Swartz, was ook een van die finaliste wat in Middelbestuur ’n tweede prys verower het.

Sharon se dryfkrag om hard te werk, skryf sy toe aan die motivering van haar man, asook Olyvenbosch se eienaar, Niel Botha.

“Ek was baie opgewonde, maar skrikkerig, oor hierdie kompetisie, maar almal het my gemotiveer,” sę sy.

Sharon is betrokke by oesbeheer, verpakking en kwaliteitbeheer asook ontvangs. Die plaas produseer tafeldruiwe, olyfolie en boegoe.

Sharon en al die ander kategoriewenners het kontantpryse gewen en hulle dring nou deur na die nasionale kompetisie in Oktober waaraan nege ander streke deelneem.

Dit was vanjaar die sewende keer dat die Suid-Afrikaanse Tafeldruifindustrie (SATI) in die Bergrivierstreek hierdie kompetisie aangebied het.

Die kompetisie gee nie net erkenning aan die plaaswerker nie, maar speel ook ’n opheffingsrol in Suid- Afrika se ekonomie, was die woorde van die spreker, Wes-Kaapse landbouminister Cobus Dowry.

Die ander kategoriewenners was Shuraya Ewerts van Watervliet 1 (beste algemene werker), Kallie Hendriks van Eureka (beste besproeiingspesialis), Niklaas Pieters van Rooikraal (beste trekkerbestuurder). Maria Thys van Môrester (beste tegniese operateur), Piet Farao van Môrester (beste middelbestuurder) en Caroline Samuels van Laborans (beste administratiewe personeellid).

Daar is met elke deelnemer onderhoude gevoer en hulle moes vrae beantwoord oor landbouverwante sake.

Hierdie geleentheid is in samewerking met die Departement van Landbou aangebied, met Sanlam en BASF as borge.

“Die gehalte van die inskrywings getuig daarvan dat die werkers hulself jaar na jaar verbeter om betekenisvolle rolle in die landbou en hul gemeenskappe te speel,” sę Erna Wetzel, bemarkingsbestuurder van Sanlam Cobalt.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za