Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Müller-familieboek

Müller-familieboek
 
2008-09-18


VERREWEG die meeste Müllers in Suid-Afrika stam af van die Duitse soldaat Antonie Michael Müller wat in 1891 na Suid-Afrika gekom het (nie “Michiel Mulder” soos verkeerdelik in die Geslacht-register aangegee nie).

Hy is op 4 Mei 1746 op Roodezand (later Tulbagh) getroud met Adriana van Rooyen (oudste dogter van Cornelis van Rooyen en Jacomina van Deventer).

Hy het hom toe gevestig op die leningsplaas Zeekoegat, in die huidige distrik Riversdal, waar hy in 1782 oorlede is.

’n Boek oor die Müller-familie is in 1990 gepubliseer en daar word beoog om die boek op te dateer met die oog op die volgende Müllerfees in 2010 in Riversdal.

Afstammelinge kan hul volle name, geboortedatum, plek van geboorte, besonderhede van huwelik, volle besonderhede van kinders aanstuur (asook die sterfdatums van hul voorsate) na Koot Müller by kootmuller@absamail.co.za of Posbus 33436, Glenstantia, 0010.

Daar word ook gesoek na foto’s, indien beskikbaar, van persone gebore voor 1930. Navrae by 083-378-9550.

Koot Müller




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za