JA, dit is nie altyd maanskyn en rose in Nieu-ュSeeュland nie, maar ek sal eerder in 地 land bly waar die regering nie korrup is nie, die krag nie afgeskakel word sonュュュder enige waarskuwing nie, waar die meerderheid van die mense nie een tjek weg is van bankrotskap nie, waar ek meer bekommerd is of daar genoeg patrone in my magasyn is eerder as om te wonder of my veiligheidsgordel vas is.
Ek sal seker nooit ryk word hier nie, maar ek vra myself wat is belangriker, om 地 kwaliteitlewe te lei waar ek en my kinders die lewe saam kan geniet, eerder as om in 地 land te bly waar ek in 地 huis bly wat in 地 tronk omskep word en waar ek nooit my vrou en kinders by die huis kan los nie, want hulle kan dalk verkrag word.
Wat is al hierdie rykdom werd as jy by die huis kom en jou vrou en kinders is geskend vir die res van hulle lewe?
Sekere goed kan geld nie koop nie en in daardie geval geniet ek eerder Nieu-Seeland saam met die ander duisende wat reeds hier is.
Hein Oosthuysen
Nieu-Seeland