WATTER sukses was die herlewingsweek in die Paarl nie! Geen hoogtepunte in my sportloopbaan kan vergelyk word met die samehorigheid, die vriendelikheid en die opgewondenheid wat gepaard gaan met die Christelike sametrek nie.
Alle sprekers was uitstekend. Hier het ek gesien dat daar oorgenoeg opregte Christene is onder almal. Laat ons saamwerk en die Paarl ’n beter plek maak om in te bly. “Exercise daily, walk with God.”
Mario Matthews