EK verwys na die kommentaar onder “Hoorsê” in die Paarl Post van 12 September rakende die “afstof van jukskei ten einde ’n sportsoort slegs deur ons gespeel, te kan beoefen.”
Jukskei SA bied jaarliks etlike kampioenskappe/toernooie binne die grense van die RSA aan, waaraan ons buurland, Namibië, ook deelneem.
Die sport word ook in die VSA gespeel (ses klubs), Nederland, Nieu-Seeland en Australië, meesal nog op sosiale vlak..
Hierbenewens is sportlui van die SA Weermag positief besig om die sport ook te bemark in Lesotho, Zimbabwe, Zambië, Angola, Botswana, Mosambiek en Malawi (Sadeklande). Jukskei word op die oomblik in Lesotho en Zimbabwe gespeel.
Belangstellendes kan ook meer, onder andere van die reëls en struktuur van Jukskei, op die webtuiste by www.jukskei.co.za te wete kom.
Kontak asseblief vir Johan van Staden by 021-872-4691 of vir my by tor@jukskei.co.za vir navrae.
Kobus Bester