Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietsryers jaag deur Vallei

Fietsryers jaag deur Vallei
 
2005-03-10


VAS aanloop van die Cape Argus Pick ‘n Pay fietstoer Sondag, sal die Giro del Capo professionele fietstoer vandag en môre deur Paarl en Wellington beweeg, en sommige strate sal daarvoor gesluit word. Vandag van 08:00 tot 09:30 sal Markstraat, Paarl, gesluit wees vir die begin van die tweede been na Franschhoek en Villiersdorp. Daar sal ook ‘n kort vertraging wees op die R303 na Franschhoek tussen 09:30 en 09:50.
Markstraat sal dan weer die middag gedeeltelik gesluit wees vir die voltooiing van die been tussen 14:15 en 14:45.
Môre sal Kerkstraat, Wellington, gedeeltelik gesluit wees tussen 08:00 en 9:30 en weer tussen 11:45 en 12:30 vir die begin en einde van die derde been na Wolseley en terug. Fonteinstraat sal gesluit wees vir gebruik deur die deelnemers en hul steunvoertuie.
Daar sal ook vertragings wees by Hoofstraat en die R44 na Hermon tussen 09:30 en 09:50. Later die oggend sal die Nuwekloofpas tussen 11:00 en 12:30 ook gesluit word verkeer.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za