Agri Megaweek vir boere
2005-07-21
DIE jaarlikse Total Megaweek vir landbouprodusente word in Bredasdorp gehou vanaf 30 Augustus tot 1 September.
Bully Botma, Voorsitter van Graan SA, hou op die middelste dag van Megaweek (31 Augustus) om 12:00 'n belangrike nligtingsvergadering op die Agri Mega terrein.
Aktuele sake van die tyd soos die koringverslag, gradering, tariefstruktuur en die toekoms van graanproduksie sal hoog op die agenda wees. Graanboere behoort dus nie hierdie geleentheid mis te loop nie.
Benewens uitstallings gefokus op nuutste tegnologiese ontwikkeling en demonstrasies van landboumasjinerie en implemente, bied die program oor die€ drie dae ook lesings en praatjies aan.
Dr Robin Meeske praat oor die produksie van kuilvoer en die huidige tendense in die internasionale arena.
Ansie Scholtz van Departement Landbou se Veeaartsenydienste lewer 'n aanbieding oor nie-chemiese brommerbeheer by skape.
Aan die landbou kommersiële kant word uitstekende insette gelewer om produsente te ondersteun met verbeterde bestuurspraktyke op die plaas en om winsgewendheid in boerdery te verbeter.
In hierdie verband bied Herman Hugo 'n program aan oor die uitstekende waarde wat Combuds vir die boer inhou in die bestuur van sy finansiële sake.
Johann van der Westhuizen van Octofin gee interessante feite deur oor staatsubsidies wat vir boere beskikbaar is vir groei, uitbreiding en ontwikkeling in die boerdery.
Hierdie subsidies word op groot skaal opgeraap deur ander industrieë terwyl entrepreneurs in die primêre- en sekondêre landbou dit verbeur en dikwels slegs omdat die inligting in hierdie verband nie die boer of koöperasie op grondvlak bereik nie.
Hierdie inligtingsessie behoort boere wat ernstig is oor goedkoop finansiële hulpbronne nie te mis nie.
Rig navrae oor Megaweek kan gerig word aan tel (028) 424-2890. of Corné Geldenhuys by tel 082-747-5030.
More
News
|