Oudisies vir jong musiek talent
2008-09-18
OP 22 en 23 September hou die Frank Pietersen Musieksentrum oudisies vir viool, tjello, kontrabas, dwarsfluit, fagot, hobo, klarinet, saxofoon, euphonium, Franse horing, tromboon, trompet, tuba, klavier, solosang, koorsang, tromme, klawerbord, kitaar, orkestrale perkussie, Afrika perkussie en “steelpans”. Die Frank Pietersen Musieksentrum doen hiermee ’n vriendelike beroep op alle ouers wat gedurende die tydperk 2006 tot 2008 oudisievorms by die sentrum ingevul het vir musiekonderrig, om asseblief dringend die sentrum te kontak en weer ’n oudisievorm te voltooi. Die sentrum wil graag alle inligting verifieer en insluit by die volgende oudisieronde. Vir meer besonderhede, skakel 021-8722123/4 of e-pos principal@ fpmusiccentre.org.za
More
News
|