Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Artikel oor griepepidemie aangrypend

Artikel oor griepepidemie aangrypend
 
2008-09-18


EK wil my waardering uitspreek vir die artikel oor die griepepidemie in 1918 (Paarl Post 4 September) en ook sê ek hou van julle koerant.

As nuwe intrekker in Wellington het ek heel eerste begin soek vir ’n koerant en was baie beïndruk met die Paarl Post. Die artikels en briewe is opbouend en ek kry die gevoel dat mense vir mekaar omgee.

Die vriendelikheid en gasvryheid van die mense laat ons tuis voel.

My opregte begeerte is dan ook dat ons familie ook net ons beste sal gee vir die gemeenskap in die pragtige dorpie met die mooiste berge en heerlike vars lug waarna ons so gesmag het daar in Gauteng se goudstad.

Dan wil ek ook net sê dat my oorlede Vader ook die griep gehad het. Hy was in 1918 ’n jong man van 29 jaar. Hy het transport gekry en het ’n swart man as helper gehad. Toe hy begin siek word het, het die man hom versorg iewers in die veld waar hulle gekamp het.

Jare later het hy aan my ma, na hulle troue, vertel dat hy vir drie weke in ’n koma moes gewees het. Die man het hom versorg en gevoer nadat hy bygekom het. My pa het gesond geword en is op die ouderdom van 84 jaar oorlede. Al die jare het ek gewonder hoe die virus in Suid-Afrika gekom het. Die artikel het my die antwoord verskaf. Baie dankie.

Ek kan nie wag vir die koerant op Donderdae nie. Sterkte en die Here se seën op julle werk.

Susan Venter




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za