Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitstalling met verbeelding

Uitstalling met verbeelding
 
2008-09-18


DIE Stellenbosse kunstenaar Pienaar van Niekerk se solouitstalling, getiteld “Verbeelding”, vind van vandag tot 27 September in die Historium van die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl plaas.

Die uitstalling open vandag om 18:00.

Van Niekerk se werk is baie persoonlik en reflekteer sy emosies en ervaringe.

Dit is figuratief, maar hy gebruik beelde op ’n surrealistiese manier en benut landskappe soos ’n verhoog om beelde en simbole op te plaas.

Sy onlangse werke handel oor die verhouding tussen teks en beeld, wat in noue samewerking met die digter Louis Esterhuizen geskep is.

Ouer sowel as nuwe werk sal ten toon gestel word.

Die uitstalling vind by die Taalmuseum plaas omdat Van Niekerk sterk voel oor die verhouding tussen taal en kuns as fundamentele manifesterings van die mens se kultuur.

Bywoning is gratis en verversings sal bedien word.

Bespreek by 021-872-2022 of 082-081-3998 vir meer besonderhede.

Die nuwe restaurant te Pastorielaan 6, die Eethuis, bied op dié aand ook ’n spesiale ete met die tema “Verbeelding” aan. Bespreek by 082-561-6966.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za