Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vyfhonderd wedstryde op sy kerfstok

Vyfhonderd wedstryde op sy kerfstok
 
2008-09-18

Jaco van Wyk

MET meer as vyfhonderd wedstryde op Chrisbin Meyer se kerfstok, het dié 43-ja- rige veteraan van Young Gardens rugbyklub uiteindelik besluit om sy Rugbystewels weg te bêre.

Sedert Meyer in 1979 as ’n junior by die klub aangesluit het, het die veelsydige voorspeler in elke posisie in die rugby-oond diens gedoen, al drie spanne van Gardens verteenwoordig en aangevoer, en spog hy ook met verskeie toekennings wat dien as herinneringe van sy 29 jaar in die trui van die rooi roos.

Meyer is in 1999 aangewys as die tweede span se beste voorspeler, en in 2006 het hy, vir die eerste span, dieselfde toekenning ontvang.

“Rugby by Gardens was so goed vir my. My pa het ook vir dié klub gespeel en dit was altyd my span.”

Met 109 eerste span wedstryde, 238 tweede span wedstryde en 166 derde span wedstryde, is Meyer waarlik ’n veteraan van die klub, en het hy sedert eenwording, in 1992, slegs 16 wedstryde gemis.

“Ek het boonop nog nooit die veld weens ’n besering verlaat nie. Ek glo dat as jy hard oefen en die spel geniet, dan kry ’n mens nie sommer seer nie.”

Volgens Meyer was elke wedstryd vir hom ’n hoogtepunt, maar het hy dit veral geniet om teen Paarl Rugbyklub te speel. “Ek het dit ook geniet om teen Goodwood kragte te meet.

“Om vanjaar die Paarlstreek uitklop-finale vir tweede spanne, asook Paarl se liga-beker vir tweede spanne, te verower, was die kersie op die koek van ’n fantastiese tyd by Gardens.”

Terwyl Meyer nooit bang was om sy broek vol modder te kry nie, hetsy op stut, haker, slot of flank, was hy ook nie bang om agter Gardens se skerms diens te doen nie. Meyer het van 1990, tot en met verlede jaar, administrasiewerk vir die klub gedoen deur as sekretaris, hulpsekretaris, kassier, hulpkassier, wedstrydsekretaris, klubkaptein en trustee te dien. Selfs op dié gebied is Meyer in 1993, 1998 en 2002 aangewys as administrateur van die jaar.

Op administratiewe gebied sonder Meyer vir Aubrey Minnaar uit as iemand by wie hy baie geleer het.

“Gardens se spelers wat vir my uitstaan is die voormalige kaptein, Ralph Jacobs, en die agterspeler, Alex Valentine.

“Alhoewel ek voel ek het nog so twee jaar van rugby in my liggaam oor, voel ek dit is nou die regte tyd om uit te tree.” sê Meyer. “Ek wil egter by Gardens begin afrig, en sal heel moontlik by die klub betrokke bly tot ek die dag doodgaan.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za