Warriors troef Stones
2008-09-18
DIE hoogaangeskrewe United Stones het Saterdag hul vierde agtereenvolgende pakslae in die Wellington sone-liga gelei toe Young Warriors hulle met 11-8 getroef het. Stones het egter deurgedring na die Klub- Kampioenskappe waar hulle Saterdag gaan kragte meet teen ’n span in die Paarl-unie. In ’n ander sone-wedstryd het Young Superstars met 23-6 afgereken met Bergrivier United en sodoende laasgenoemde se kanse verydel om ’n halfeindstrydplek te bespreek. Young Stars het Saterdag hul rugbysei- soen goed afgesluit deur ’n 26-0 oorwinning oor Young Lions te behaal. Stars se fiksheid was uiteindelik die verskil tussen die spanne. Oseans United het hul wedstryd teen Sandrivier United met 22-17 gewen. Evergreens en Doolhof Warriors se wedstryd het nie plaas gevind nie.
More
News
|