Kavaliers geslag
2008-09-18
Jaco van Wyk
AS Vrydagaand se wedstryd tussen die Boland Kavaliers en die Blou Bulle op Loftus Versveld in twee ongelyke helftes gedeel kon word - een helfte van sestig minute en een helfte van twintig minute - dan sou die Kavaliers, in die twintig- minuut helfte, ’n maklike sege oor die bloutruie behaal het. Ongelukkig vir die Kavaliers bestaan ’n wedstryd uit tagtig minute, en is dit gewoontlik die span wat gedurende dié tagtig minute die bestendigste vertoon, wat uiteindelik met die louere wegstap. Die Bulle het op die ou einde met 69-19 geseëvier, met die Kavaliers wat Vrydagaand tot die 69ste minuut gewag het voordat hulle besluit het om die bul by die horings te pak. Die Kavaliers het die wedstryd puik afgesluit met drie onbeantwoorde drieë deur Elgar Watts, Lionel Cornelius en Janro van Niekerk. Die spyker was teen dié tyd egter lankal in die Kavaliers se doodskis aangesien die Bulle teen rustyd reeds ’n voorsprong van 38-0 geniet het. Die Bulle het tot en met die 62ste minuut elf drieë behaal en ’n eensydige affêre was dit beslis. Interessant genoeg was die twee spanne gelaai met spelers wie se rugby in die Paarl, en meer spesifiek in Hoër Jongenskool, afgeskop het. Die oud-Boishaai- ers, Piet van Zyl, Danie van der Merwe (albei Kavaliers), en Wilhelm Steenkamp (Bulle, 2 drieë), het almal sterk vertonings gelewer. Die twee voormalige HJS- manne wat egter die omroepers die meeste laat praat het, was beide spanne se loskopstutte: Janro van Niekerk en Gurthro Steenkamp. Terwyl laasgenoem- de sweerlik die beste wedstryd van sy lewe gespeel het (hy was die speler van die wedstryd), het Van Niekerk sy hoogaangeskrewe teenstander, Rayno Gerber, absoluut vernietig in die skrums. Van Niekerk se vertoning was in die eerste sewentig minute een van die Kavaliers se min ligpunte. Dan was daar nog twee Paarliete in Wayne Julies en Burton Francis (elkeen is met ’n drie beloon) wat vir die Bulle uitgetroon het. Veral Francis het ’n blink toekoms wat vir hom wink. Nou is dit weereens terug tekenbord toe vir die Kavaliers, aangesien hul paadjie nie makliker raak nie. Hulle volgende twee wedstryde is wel tuis, maar hul opponente, die Leeus en WP, is so gedug soos kan kom.
More
News
|