Violets vier Saterdag fees
2008-09-18
SATERDAG meet Violets en Riverstones kragte ter viering van eersgenoemde se 105ste bestaansjaar. Die dag skop af om 07:30 met ’n optog en vlotte wat vanaf Shoprite in Klein Drakensteinweg gaan vertrek, onderweg na Daljosafat-stadion. Die o.12’s (09:30), o.14’s (10:30) en die o.16’s (11:30) se rugbyspanne gaan die dag afskop, gevolg deur die derde spanne (12:00), die vroue-span- ne (13:00) en die veterane (13:30) wat sake gaan uitspook. Om 14:00 gaan die tweede spanne kragte meet, waarna die Ou Kroks om 15:00 in aksie gaan wees. Om 16:20 vind die hoofwedstryd plaas. * Violets het Saterdag voortgebou op sy goeie segetog toe hulle Blues met 39-14 afgeransel het. Violets se beste spelers was Roger Uren (twee drieë), Jeremy Klassen, Tyron Uren en Hamly Marquard. Violets II het 12-5 geseëvier en Violets III het 12-3 gewen.
More
News
|