Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel klop Peoples in derby

Pniel klop Peoples in derby
 
2008-09-18


OP ’n pragtige Lentemiddag en in ’n feestelike stemming, gepaard met orkesmusiek en ’n groot skare van oor die seshonderd toeskouers, het Pniel Villagers op hul tuisveld daarin geslaag om hul Paarlse besoekers, Young Peoples, met 29-19 te klop.

Met dié derby-oorwinning het Pniel die seisoen op ’n hoë noot afgesluit en in die proses het hulle die derde posisie op die SuperligaB-punteleer hul eie gemaak.

Soos die geval gewoonlik is met derby’s, was die wedstryd kliphard en het albei spanne gepoog om aanvallende rugby op te dis.

Dit was natuurlik tot groot vermaak van die skare aangesien dié wedstryd soete herinneringe gebring het van die dae toe albei spanne nog in die ou Paarl-unie kragte gemeet het.

Die verskil tussen die wenners en die verloorders kan uiteindelik toegeskryf word aan ondervinding aan die tuisspan se kant.

Villagers neem reeds die afgelope paar seisoene in die SuperligaB-kompetisie deel - een van die top ligas van WP rugby - terwyl dit Young Peoples se eerste jaar in dié kompetisie was. Peoples het egter uitstekend gevaar om vanjaar te oorleef.

Daarenteen het die tuisspan gewys dat hulle ’n sterk aanspraak op die titel kan maak.

Die naweek was Pniel se flanke, met Claude Voss (1 drie) op sy allerbeste, weereens prominent en het hulle die harde werk in die vastelos gedoen. Ander voorspelers wat ’n barshou gespeel het, was Jameel Ladouce, Carlo Carolissen en Garland Alberts.

Pniel se skrumskakel en kaptein, Eugene Francis, het met goeie oordeel en besluitneming die spel goed gewissel en die Tiere gedurig aan die raai gehad. Stafanus Cedras was egter weereens die groot planmaker in die agterlyn en is beloon met twee drieë.

Die drie van die wedstryd was gedruk deur die tuisspan se linkervleuel, Gavin Petersen, toe hy vyf verdedigers geklop het om oor die doellyn te duik. Pniel se ander drie is gedruk deur die regtervleuel Riaan Windvogel. Hy het ook doelskoppe behaal.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za