Rowers gesoek
2008-09-18
DIE polisie op Klapmuts is op soek na twee mans wat verbind word met verskillende gevalle van gewapende roof. Die eerste verdagte word gesoek vir ondervraging na ’n roof by Tahira’s Supermark. Hierdie algemene handelaar is in Julie deur drie gewapende mans beroof van kontant en goedere ter waarde van ongeveer R15 000. In die ander voorval is ’n Somaliese winkeleienaar verlam na ’n gewapende roof in Weltevredepark, Klapmuts. Drie mans het in Augustus vir Nustafaad Hassan oorval in sy huiswinkel in Weltevredepark, en vir hom in die bors geskiet. Enigiemand met enige inligting wat verband hou met hierdie twee gevalle, kan vir konst Edgar Julies skakel by 084-581-9909.
More
News
|