Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards wen Uitklopbeker

Standards wen Uitklopbeker
 
2008-09-18

Jaco van Wyk

YOUNG STANDARDS het Saterdag gewys dat verlede naweek se oorwinning oor Young Gardens beslis nie ’n gelukskoot was nie, toe hulle Saterdag, relatief gemaklik, met dieselfde opponente klaargespeel het.

Standards is met dié 23-3 oorwinning welverdiend gekroon as die kampioene van die Paarlstreek-uitklopkompetisie.

Met ’n stormsterk wind wat laatmiddag kop uitgesteek het op Daljosafat-stadion, was die toestande nie ideaal nie. Standards het egter nie toegelaat dat die wind hul kaarte deurmekaar waai nie en kan vandag baie tevrede wees met hul spogsege.

Met die jeugdige span wat letterlik die “Young” in Young Standards sit, was die goeie samespel deur die hele span uiteindelik die geheim tot die goeie eindresultaat.

’n Jong troep benodig egter ’n ervare leier om rigting en dissipline op sy manne af te dwing. Hier was Lee Scholtz se uitstekende kapteinskap goud werd vir die wenspan.

Dit was duidelik dat die span nie ’n wen as vanselfsprekend aanvaar het na verlede naweek se 40-5 wegholoorwinning oor dieselfde teenstanders nie. Hulle het die wedstryd met hope selfvertroue genader, maar ook die basiese dinge reg gedoen.

Enrico Davey was die groot held van die dag aangesien hy verantwoordelik was vir al 23 van sy span se punte. Davey se punte sluit een drie, twee skepdoele en vier strafdoele in.

In ’n ander wedstryd het Standards se o.12’s die uitklopbeker gewen in die junior kompetisie.

Standards speel Saterdag in ’n feeswedstryd teen Gardens op Gardenspark. ’n Veteraanspan sal ook in aksie wees. Oudspelers vergader vanaand by die Boy Louw-velde vanaf 18:00. Vir navrae, kontak Martin van Zitters by 083-443-1223.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za