Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skool loop weer deur

Skool loop weer deur
 
2008-09-18

Lise Beyers

DIE Magnolia Primêre Skool het weer eens ’n slagoffer geword van verwoestende diewe.

Hierdie skool het skaars ’n maand gelede groot skade gely toe skrootdiewe die administratiewe gebou vernietig het, terwyl hulle agter koperpype aan was.

Hierdie skade is nog nie eens herstel nie, toe diewe weer toeslaan.

Dié keer het die diewe eenvoudig toegang tot die administratiewe gebou gekry, deurdat hulle ’n droëmuur stukkende getrap het.

Hierna het hulle nog deure stukkend geskop om binne die vertrekke te kom. Hulle is weg met ’n faksmasjien, mikrogolfoond, televisie, drukker, grassnyer en selfs ’n wasmasjien.

Sekretaresse Felicity Bruintjies het op die chaotiese toneel afgekom toe sy Donderdagoggend die skool oopgesluit het.

“Ons sluit saans die kantoordeure, juis weens die knaende diefstalle. Nou het die diewe sommer besluit om hulle stukkend te skop.

“My kantoor was heeltemal deurmekaar en ek kon dadelik sien dat daar goedere weg is.”

So het Bruintjies en opsigter Nicky Geldenhuys van kantoor na kantoor gestap en gesien hoe vernielsugtig die diewe tydens hul strooptog was.

“Die versnaperings wat in die snoepie verkoop word, is ook gesteel, asook sportuitrustings.

“Ons is nou heeltemal moedeloos en weet ook nie hoekom die kwaaddoeners die hele gebou moet verwoes nie.”

Die diewe kry toegang tot die skool deur ’n hek wat na Azalea- straat lei. Onlangs is die hek toegesweis om toegang te verhoed, maar dit word eenvoudig afgebreek.

Na die nuutste diefstal, het die Paarl-Oos polisie inligting ontvang wat vir hulle gelei het na ’n plakkershut in die Kingston Town informele woongebied, wat basies op die skool se drumpel lê.

Hier is die wasmasjien en van die voorraad van die snoepwinkel gevind.

Maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem nie.

* A primary school in Paarl East has once again been targeted by thieves.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za