Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aandklasse vir volwassenes begin weer

Aandklasse vir volwassenes begin weer
 
2008-09-18


DIE aandklasse van die Simondium Volwasse Onderwyssentrum begin weer in Oktober.

’n Vergadering om die nuwe kursusse wat beoog word, te bespreek, word Dinsdag 23 September om 19:30 by Simondium Primêr gehou en alle belangstellendes is welkom.

Benewens geletterdheidsklasse en matrikulasieklasse, word nuwe vaardigheidskursusse ook voortaan aangebied om by te dra tot werkskepping.

Dit sluit in gesertifiseerde kursusse in primêre gesondheidsorg en entrepreneurskap, asook leerling-bestuurderslisensies.

Alle werkloses en mense wat nie skool voltooi het nie, is welkom, asook werkgewers wat wil aanklop oor hoe om hul werkers se vaardighede te verbeter.

Registrasiegeld vir matriekvakke (R40) is betaalbaar by die vergadering. Navrae by Jeremy van Wyk by 082-436-6393.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za