Klein Boishaai wen sewes
2008-09-18
KLEIN BOISHAAI se o.13 rugbyspan het onlangs hul uitstekende vorm voortgesit toe hulle koning gekraai het in die Wes-Kaapland sewestoernooi by Laerskool Mikro. Die Boishaaiers het waarlik uitstekend vertoon deur nie net hul teenstanders te troef nie, maar deur elke span met wie hulle op die dag te doen gekry het, behoorlik te trap, en sodoende die dag af te sluit as algehele kampioene. Boishaai het die toernooi afgeskop met ’n sterk oorwinning van 36-5 oor Kenridge. Hierna het hulle vir Eikestad maklik afgestof met 45-0, gevolg deur nog ’n skitter-oor- winning oor Beaumont. Laasgenoemde wedstryd het hulle ook met 45-0 gewen. In die finaal teen Laerskool Gimnasium het Boishaai weer niks teruggehou nie, deur hul aartsvyande met 45-5 te verslaan om die titel hul eie te maak.
More
News
|