Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nat weer laat gewel val

Nat weer laat gewel val
 
2008-09-18

Lise Beyers

SEPTEMBER is nou wel nie die mooiste, mooiste maand nie, maar vanjaar is dit beslis die natste, met 105 mm reën binne twee weke. En Hoër Meisieskool Paarl kan hiervan getuig, nadat die stormagtige weer groot skade aan hul koshuis veroorsaak het.

Verlede Maandag is die skool in kennis gestel dat ’n voorgewel van dié historiese gebou besig was om weg te trek van die dak. Toevallig was ’n bouer by die nabygeleë Monte Vino woonstelle besig met werk, toe hy oplet dat die gewel vorentoe oorleun.

“As dit nie hiervoor was nie, kon daar groot moeilikheid gewees het,” het koshuisvader Piet du Toit gesê. “Daar was ’n gaping van ongeveer 20 sentimeter tussen die gewel en die muur. By nadere ondersoek het ons gesien dat die gewel heeltemal losgetrek het, en letterlik net aan ’n draad bly hang het.”

Hierna is die hulp van argitek Sakkie Rust ingeroep en hy het gesê dat die gebied dadelik afgesper moet word, want die gewel net regs van die voordeur kon enige oomblik omtuimel.

Die leerders in kamers naby die gewel is ontruim en het hulle in die studiesaal tuisgemaak.

“Toegang tot die koshuis kon slegs van agter verkry word, en dit was vir ons baie belangrik om die voorkant vir ons leerders te beveilig.

“Ons het na die moontlikheid gekyk dat die gewel in plek geskuif kon word en dat dit dan met kabels vasgegespe kon word aan die gebou. Maar volgens deskundiges sou dit nie werk nie.

“Bouer Rinus van der Sluys het ook kom kyk, en hy het gesê dat die gewel afgebreek moet word en dat dit herbou moet word.”

So gedoen, so gedaan.

Al wat toe gedoen moes word om die gewel te vernietig, was om die draad wat dit nog vasgehou het, te knip. Dit het tot op die grond stukkend getuimel.

Maar die sage het nie hier tot ’n einde gekom nie. Toe die 18-ton hyskraan wat gebruik is om voorlopig aan die gewel te werk, Maandag gehaal is deur ’n verhuringsmaatskappy, het die bestuurder te naby aan die rand van die plaveisel gery, en dit het toe ook omgeval.

Die hysmasjien het in die modder weggesink, en kon nie uitgery word nie.

Daar is met die hulp van ’n vragmotor probeer om dit uit te sleep, maar sonder sukses.

Dinsdagoggend is die hulp van ’n insleepdiens ingeroep, en ná ’n lang gespook in byna kniediep modder, is dit van die perseel verwyder.

“Nou is die gewel en plaveisel nie net verwoes nie, maar ook die tuin voor die koshuis is daarmee heen.”

* The weakened gable of Paarl Girls’ High’s hostel had to be demolished after a long wet winter.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za