Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groen lig vir onderverdeling

Groen lig vir onderverdeling
 
2005-07-21


DIE gebruiksverandering van 'n deel van die plaas Sonneskyn in Napierstraat, Paarl, vir residensiële ontwikkeling is op 11 Julie goedgekeur deur die provinsiale Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning.

Die eienaar van die plaas, Dawie Joubert, beoog 'n sekuriteitsontwikkeling van sowat 20 luukse-huise op die‚ erwe, wat reeds in 1859 onderverdeel is.

Op daardie tydstip het wetgewing nie vir die verval van toegekende regte voorsiening gemaak nie en huidige wetgewing is nie terugwerkend nie.

Die wingerdstokke op die ontwikkelingsterrein van drie hektaar, wat op die suidelike grens van die plaas in Napierstraat lę, is reeds uitgehaal.

'n Impakstudie wat die omgewings-, kultuur-historiese en sosio-ekonomiese uitwerking van die beoogde ontwikkeling aanspreek, is deur die konsultant Johan Neethling ingedien by die Departement.

Die onderverdeelde gebied word nie in die verslag oor die Paarlse plase wat bewaar moet word, aangedui as bewarenswaardig nie.

"Eintlik is hierdie erwe deel van die Monte Christo ontwikkeling wat nooit uitgevoer is nie, en ons gaan bloot daarmee voort," sę Joubert.

Omringende grondeienaars is kwaai gekant teen die ontwikkeling, en voer onder meer aan dat die klein erfies eintlik bedoel was vir groentetuine (dit word op kaarte aangedui as "allotments").

Mense wat by die konsultant geregistreer is as belangstellende en belanghebbende persone het tot 10 Augustus om appe†l by die Minister aan te teken sou hulle so verkies by privaatsak X9086, Kaapstad 8000 (faks 483-6081) op die voorgeskrewe vorm.

Indien die minister sy besluit handhaaf, kan die ontwikkelaar onmiddellik planne vir die diens van die erwe by die Munisipaliteit indien.

Die ontwikkeling sal bekend staan as Le Joubert en die huise wat deur Joubert self opgerig sal word, sal na verwagting opgeraap word weens die tekort aan erwe in die Paarl. meen eienbdomsbkenners.

Verskeie betrokkenes het aangedui dat hulle besware sal indien teen die minister se besluit.



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za